skip to Main Content

Wat ons glo

Ons deel graag ons geloofsoortuigings met jou

God

Bo en behalwe die onvermoë van die mens vanweë sy verlore toestand om homself te kan red, word die probleem steeds groter wanneer ons kyk na wat die Bybel omtrent God sê, naamlik dat Hy heilig is (1 Pet. 1:16); regverdig is (Jak. 11:20) en ongeregtigheid haat (Hebr. 1:9). Die Bybel leer ook dat God ‘n liefdevolle God (Joh. 3: 16; Joh 4:9); asook ‘n God van genade is (Rom. 5:15).Hy moet met ons sonde deel vanweë Sy heiligheid, maar wil ons nie vanweë Sy liefde laat verlore gaan nie. Die vraag is : Wat is die antwoord vir hierdie dilemma?  God het ‘n antwoord op die vraagstuk, naamlik, dat Hy Sy Seun in hierdie wêreld gestuur het (Joh. 3:16).

Heilige Gees

Die bespreking begin met Paulus se vraag aan die gelowiges in Efese: “Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het?” Hierdie vraag bly vandag relevant vir alle gelowiges. Met die eerste oogopslag kan dit lyk asof hierdie gedeelte suggereer dat iemand ‘n gelowige kan word sonder om die Heilige Gees te hê of ‘n gelowige kan wees sonder om die Heilige Gees te ontvang.

Hierdie oënskynlike teenstrydigheid word egter opgelos deur ander Bybelgedeeltes te oorweeg. Romeine 8:9 sê byvoorbeeld dat as iemand nie die Gees van Christus (die Heilige Gees) het nie, hulle nie aan Hom behoort nie.

Die paradoks wat verheldering verg, lê daarin dat, aan die een kant, ‘n gelowige die Heilige Gees se teenwoordigheid ontvang op die oomblik van wedergeboorte, terwyl hulle aan die ander kant die gawe van die Heilige Gees tydens ‘n daaropvolgende ervaring ontvang, dikwels na bekering en die doop, soos gesien in Handelinge 2:38.

Jesus

Die Bybel leer dat Jesus Christus die plaasvervanger van en vir die wêreld se sonde geword het, naamlik, dat God die mens se sonde op Jesus gelê het (Jes. 53:5)

Dit verwys na die kruisiging waar Jesus dan uitroep: “Dit is volbring” of “dit is betaal” (Joh. 19:30).Op grond van Jesus se werk, die feit dat Hy die sondeskuld betaal het, kan die mens nou vergifnis en vryspraak by God ontvang (1 Joh. 1:9).

Wie Ons Is

‘n Gemeente met ‘n mooi storie van God se sorg en liefde. Dit is ook nie ‘n storie wat tot die verlede hoort nie, omdat God nog elke dag sy verhaal met ons skryf.

Ons hoop u kom iets om hierdie storie agter in u kuier by ons. Ons wil sommer  alle besoekers of voornemende lidmate uitnooi om deel te word van ons gemeente en om saam te help skryf aan ‘n verhaal wat God eer. Ons is ook bly dat jy die Here saam met ons wil  aanbid en dien.

Ons deel graag ons gemeente se verhaal en bedieningsfilosofie met jou. Wanneer ‘n mens weet hoe ‘n gemeente werk en hoekom dit so werk, is dit soveel makliker om ‘n aanbiddingsruimte en bedieningsruimte te vind, en wees verseker hier is plek  vir jou bediening!
Ons  is ‘n nuwe generasie wat opstaan in ons land. Ons kreet is Jesus! Ons harte is aan die brand en ons  voete is bereid om te loop waar Jesus loop. Ons harte is bereid om te glo in God se Woord.  So as jy deel wil wees van hierdie generasie wat elke dag Jesus se hande en voete in hierdie wereld wil wees – is jy op die regte plek? Waarom wag? Maak sommer nou kontak met ons!

Ons gebed vir jou is dat jy hier ‘n veilige geesstelike tuiste sal vind, sodat jy in jou  geloof grootliks sal toeneem, die wederkerige liefde van elkeen  met wie jy te doen kry in hierdie familie groter sal ervaar en so elke dag sal leef met hierdie voorneme om ‘n verskil te maak in hierdie wêreld waar jy leef.

Daar is ‘n plek vir jou in die Kerugma familie

Dit maak nie saak in watter fase van jou lewe jy jou bevind nie, by Kerugma kan jy uitvind waar jy kan inskakel, leer en saam met die familie van God, die wereld bedien.

Bekering

Neem Jesus aan as jou Saligmaker ….

Ons sal graag met jou wil gesels oor jou besluit…

Sluit aan by die Familie

Ons is so opgewonde dat jy ons besoek het.

Ons nooi jou graag uit om deel te word van die familie!

Wees Gehoorsaam

Dit is duidelik volgens Matteus 28:19 dat Jesus van die gelowige verwag om gedoop te word.  Nie alleen het Christus dit beveel nie, maar Hy het ook vir ons daarin ‘n voorbeeld gestel deur self gedoop te word
(Matteus 3:13).

Laat weet ons as jy belangstel om ‘n Doopklas by te woon en/of graag gedoop wil word!

God gebruik mense om mense te bereik
Leef jou bediening uit

Ons missie as gemeente en familie van God is om mekaar lief te he, te bedien en te ondersteun.  Dit is vir ons belangrik dat elkeen met hul unieke talente en persoonlikhede betrokke raak om die Evangelie van Jesus Christus uit te dra.  Jou bydrae is belangrik en kan ‘n verskil maak. Druk op die skakel om betrokke te raak.

Back To Top